Country Caterers is 'n bestaande spyseniersbesigheid wat vir meer as 18 jaar in die bedryf is. Ons beskik oor 'n saal en lapa wat onderskeidelik 200 en 50 gaste kan huisves.

Ons doen enige tipe funksie en geleentheid soos u dit verkies en wat u sak pas. Geleenthede wat wissel van informeel tot formele troues, 'n braai en spitbraai, skemerkelk onthale en besigheidsfunksies.

Ons doen spyseniering waar u dit ook al in Bloemfontein verkies teen geen ekstra koste nie. Verder lewer ons dienste tot so ver as 250km vanaf Bloemfontein.

Ons streef na goeie kwaliteit en diens, en stel die kliënt se behoeftes en verwagtinge bo die van die res. Wees verseker van goeie gehalte voedsel en uitstekende diens.

Ons gebruik die volgende tipe spyskaarte naamlik Kaas en Wyn Etes, Warm Buffet Etes, Koue Buffet Etes, Vinger Etes, Gewone Braai of Spitbraai

Blaai gerus deur ons webwerf

Kom en besoek ons of bel ons vir jou volgende funksie?
This website is available in English... Click here

   Kontak My:
Rian Erasmus - 0829351646            Anthony Schwartz - 0798883821
Kantoor:
Tel no. 051 - 4511509        Faks no. 0866959895
E-Pos: rian@countrycaterers.co.za
Web site and all contents © Copyright Country Caterers 2006 - 2008, All rights reserved.
Web Design by SA-E-Web-design info@sa-e-web-design.co.za / www.sa-e-web-design.co.za